Wegkomkans - Marita van der Vyver
Wegkomkans - Marita van der Vyver
Wegkomkans is ’n roman oor die verhouding tussen tien vriende oor ’n tydperk van tien jaar, wat strek van die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding. Soos in ’n stadige dans beweeg hulle om mekaar, nader en verder, en weer nader, en deel in mekaar se ekstase en smart, vrese en fantasieë. Hulle ontmoet mekaar tydens "wegkomkanse" by die see, gewoonlik in ’n strandhuis, en praat oor politieke geweld, en emigrasie, seksuele frustrasies, spermtellings en plooie. Soms met spot en selfspot, soms hartstogtelik. "Verlore liefde tussen twee mense," verklaar een van die karakters, "kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene."
Die huwelik, "die laaste groot avontuur wat vir die middelklas oorbly", loop vir byna almal in die groep op ’n fiasko uit, nuwe verleidings en verhoudings volg, en die vreugde én risiko van ouerskap word ’n nuwe onderwerp van bespreking. Tegelyk begin die jeugdige glans verdof, en keer pynlike werklikhede die blik na binne. Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat ’n skans teen verlies vorm.
Wegkomkans bied prikkelende insigte in mense se versugtinge en ontnugteringe; in die verraderlikheid van die hart. Marita van der Vyver se sensuele styl sleur die leser mee - van die groepfoto aan die begin, waar die groepie vriende lewenskragtig op die drumpel van groot dinge staan, tot by die foto aan die ende, waar die oorblywendes poseer. Deur die lewe gekneus, maar nie geknak nie.
Condition
Condition
As new (AN): I'm hardly noticeably used and could be new. Some of my pages could be yellowed due to age but I am otherwise clean and flawless.
Dimensions
Dimensions
L: 21.3cm; W: 13.7cm; H: 3.3cm
Weight
Weight
0.65 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.
View full details