Vonk: Vondeling van die duine - Jan J. van der Post
Vonk: Vondeling van die duine - Jan J. van der Post
Vonk, trou aan ’n Boesmangebruik, pleeg ’n misdaad in die waan dat dit ’n weldaad was. Hy, die jagter, word gejag, in die onherbergsame duineveld ingehaal en teruggebring om tereg te staan. Maar die natuur beslis anders en die wit jagter word uitgelewer aan sy gevangene. Wanneer Vonk hom oor sy agtervolger ontferm, word ’n sonderlinge vriendskap gesmee...
"Ek ken nie die Boesman wat hierdie ding gedoen het, se regte naam nie, maar ek ken hóm... Hy sal boet!" Toe die dag breek, stap Kobus vooraan drie swaar belaaide pakmuile reeds ver in die woestyn.
"Tij! Witman, jy vra na ’n man met ’n seer hand, maar jy weet nie watter naam die Maan gesê het dat hy moet vat nie? Hoekom wil jy hierdie man hê?"
"Daardie man het verkeerd gemaak in die oog van die witmense, hy het nie verkeerd gemaak in die oog van die Maan nie."
"Tij! Ek weet van hierdie dinge wat in jou bors brand. Jy moet onthou dat dinge wat in ’n mens se bors brand, net vir jou brand. Ander mense kan vir jou jammer wees, maar hulle voel nie daardie brand nie. As jy nie hout op daardie brand gooi nie, dan sal hy nie vir jou so seermaak nie."
Net voor sononder kom Mhoen weer op spore af. Nadat hy die spore baie goed bekyk het, strek hy hom tot sy volle drie voet ses duim uit en kyk na Kobus. "Ons het die man gekry."
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
21.6cm; W: 13.8cm; H: 1.2cm
Weight
Weight
0.3 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.