The Story Station
Vlerkdans - Barrie Hough
Vlerkdans - Barrie Hough
Couldn't load pickup availability
Ons bushalte het nie ‘n skuiling nie en ek kom nat tot op die vel by die huis aan.
Ek skakel die lig in my kamer aan en trek uit. My wit hemp klou in donker kolle aan my vas. Ek droog my af.
In die spieël kyk ek na die oorbel. Dit blink. Toe sien ek die res van myself raak. Donker toutjies hare drup oor my voorkop. Ek staan terug, kyk na die benerige skouers, die dun arms, die ribbes onder die vel wat soos lang vingers op my borskas lê. Die knieë is knopperig en lyk te groot vir die bene.
My pa se blou oë staar terug na my uit die spieël onder wenkbroue wat, nes syne, bokant die neus saamloop. Carol, een van my klasmaats, het eenmaal vir my gesê jy kan nooit ‘n man vertrou wie se wenkbroue een word nie. “Hulle is wolwe.” Ek wonder of Ma sal saamstem. Carol het dit seker ook vir die ander meisies vertel. Hulle noem my soms Wolfie.
Ek grom vir die ou in die spieël. Hy wys tande en trek sy arm om die bo-armspiere te laat bult. Die oefeninge by die gym het nog nie ‘n verskil gemaak nie...
Wolfie se verhaal is die derde jeugboek van Barrie Hough, Johannesburg in merg en been.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L:21.1cm; W: 13.8cm; H: 0.5cm
Weight
Weight
0.5 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share






