Veldgids tot die soogdiere van die Nasionale Krugerwildtuin - Struik Uitgewers (First edition)
Veldgids tot die soogdiere van die Nasionale Krugerwildtuin - Struik Uitgewers (First edition)
Die Nasionale Krugerwildtuin is een van die wêreld se grootste natuurlewevestings en is internasionaal beroemd vanweë ’n ryk verskeidenheid van diere-, en plantspesies wat binne sy 20 000 vierkante kilometer gehuisves word. Tot op datum is 147 soogdierspesies in die Wildtuin aangeteken van die grootste lewende landsoogdier, die Afrikaanse olifant, tot die klein piesangvlermuis, wat maar ’n skrale vier sentimenter lank is.
Die Veldgids tot die Soogdiere van die Nasionale Krugerwildtuin is die eerste volledige, omvattende gids tot al die soogdierfauna in hierdie unieke natuurlike omgewing. Vyf hoogs gekwalifiseerde soogdierkundiges het saamgespan om die teks te lewer en daarin geslaag om ’n grondige inligtingsbron te skep wat wetenskaplik akkuraat is sonder om leesbaarheid in te boet.
Tesame met die Afrikaanse, Engelse en wetenskaplike name bevat elke spesie-inskrywing gedetailleerde aantekeninge oor die diere se verspreiding binne die Wildtuin (met ’n verspreidingskaart daarby), hul habitatvoorkeure, hul gewoontes en gedrag, asook besonderhede oor dieet en teelgedrag. Volkleurfoto's is sorgvuldig gekies om die onderskeidende kenmerke van elke spesie duidelik te illustreer.
Die nuttige formaat van die boek en rykdom aan inligting sal verseker dat die Veldgids tot die Soogdiere van die Nasionale Krugerwildtuin ’n onmisbare naslaanwerk gaan word vir elke besoeker wat in die soogdiere van die Laeveld belangstel.
Die skrywers het jare reeds ’n noue verbintenis met soogdiernavorsing. Tol Pienaar is onlangs aangestel as Hoofdirekteur van die Nasionale Parkeraad, na om en by 32 jaar diens in die Nasionale Krugerwildtuin en teen die einde as Parkhoof; Salomon Joubert het hom nou as Parkhoof opgevolg; Anthony Hall-Martin is die Beheernavorsingsbeampte vir Binnelandse Parke en Kusgebiede; Gerrie de Graaff is Assistenthoof (Wetenskaplike Skakeling) aan die Raad se Hoofkantoor in Pretoria; en Naas Rautenbach wat ook die manuskrip saamgestel en geredigeer het, is Kurator van Soogdiere by die Transvaal-Museum.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21cm; W: 14.8cm; H: 1.3cm
Weight
Weight
0.4 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.