Skip to product information
1 of 10

The Story Station

Vakansiekaskenades - Nelmari Kock - (Uitspanreeks 1; First edition)

Vakansiekaskenades - Nelmari Kock - (Uitspanreeks 1; First edition)

Regular price R 49.00 ZAR
Regular price Sale price R 49.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In hierdie verhaal, die eerste van ’n kinderreeks wat spesiaal deur Nelmari Kock vir VGU geskryf word, maak ons kennis met Ockie en Bets van Niekerk, en gaan ons lees van hul wedervaringe. Soos alle boeties en sussies baklei hulle soms, maak rusie en verskil, maar is tog baie lief vir mekaar. Een se leed is dan ook altyd die ander s’n.

Hulle hou vakansie op hul oom en tante se plaas in die Vrystaat, maar by hul aankoms is die ontstellende tyding dat die pleegseun wat al etlike jare daar gewoon het, betrap is in diefstal, en deur die polisie aangehou word. Dieselfde aand, egter, klop einste Christof aan hul kamervenster en hoor die twee kinders die ander sy van die saak: hy is nié skuldig nie, beweer hy, en hy het hulle hulp nodig om die regte dief vas te trek.

Natuurlik glo hulle hom, help hom sover hulle kan, en gaan besoek hom stilletjies in sy wegkruipplek. Maar op ’n dag moet selfs hulle twyfel — is Christof skuldig of nie? Vertel hy vir hulle die hele waarheid? Hoekom werk dinge dan nie uit nie?

En meer nog, hoekom is Christof so verskriklik hard en verbitter? Sal hulle iets kan doen om hom te kan help, behalwe om die bewys van sy onskuld te kry, maar ook om hom na Jesus toe te lei?

Hierdie verhaal is geskik vir kinders tussen 9 en 14 jaar, en kan met gemak in enigeen se hande geplaas word. Die bedoeling met hierdie reeks is om suiwer, skoon leesgenot vir ons kinders te bring, boeke wat ook elkeen se hart kan aanspreek tussen die storiebladsye.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L:22cm; W: 14cm; H: 1cm

Weight

0.19 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details