Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Petronella van Aarde, Burgemeester - Dalene Matthee

Petronella van Aarde, Burgemeester - Dalene Matthee

Regular price R 85.00 ZAR
Regular price Sale price R 85.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Op Kasselspoort weet almal al jare lank dat Zerk Raubenheimer burgemeester gaan word wanneer oom Neels Meyer die dag die stoel ontruim. Maar dan kap oom Neels om juis terwyl Zerk en sy vrou Freda op ’n lang reis in die buiteland is, en in die daaropvolgende verwarring word die weduwee Petronella van Aarde tot burgemeester verkies.

En dán begin die poppe te dans! Want Petronella het geen benul van die proseduurlikheid nie en sy gee ook nie om wié sy in die werk steek om wát nie te doen nie. Al wat sy wil hê, is dat dinge ’n slag reggevat moet word, dat daar ’n end moet kom aan die jare lange verwaarlosing van die dorp.

Nie lank nie of Kasselspoort begin ’n ander aanskyn aanneem. Selfs diegene wat aanvanklik teen Petronella gekant was, begin insien dat sy haar uitstekend van haar taak kwyt. Die één persoon wat halstarrig weier om dit toe te gee, is Freda Raubenheimer. Want tussen die Raubenheimers en Petronella was dinge nog nooit weer heeltemal lekker nie nadat die jong Dennis Raubenheimer vir Petronalla se dogter Talia  voor die kansel gelos het vir ’n ander vrou. Nou het Talia teruggekom om op Kasselspoort te kom skoolhou, en Dennis het ook teruggekeer om in sy pa in sy prokureurspraktyk te kom bystaan. Sal dinge dié keer anders uitwerk? Of sal die breuk nooit weer geheel kan word nie? 

En tussen al hierdie dinge deur, net om sake nog verder te kompliseer, is daar ou oom Joos Jakobs se wanhopige stryd om te keer dat sy dogter, die ambisieuse Freda, hom uitboender uit die huis waar hy nou al sy hele lewe woon, om van die plek Kasselspoort se eerste museum te maak.

Dié verhaal van Kasselspoort en sy mense is ’n lekkerleesverhaal met iets vir elkeen - ’n bietjie liefde, heelwat humor en sommer baie stof tot nadenke.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.3cm; W: 13.7cm; H: 1.5cm

Weight

0.22 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details