Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Ons wag op die kaptein - Elsa Joubert

Ons wag op die kaptein - Elsa Joubert

Regular price R 75.00 ZAR
Regular price Sale price R 75.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die Transvaler, 15 Maart 1961:

’n Portugese ingenieur het gister vertel hoedat ’n swart bende van ongeveer 350 ’n plaas in Noord-Angola aangeval het. Die bende het die 12 blankes op die plaas verhoor en hulle almal ter dood veroordeel. Voor die verhoor is die blankes aangerand en mans, vrouens en kinders is oor die grond gesleep. Die leiers van die bende het Frans gepraat. Die "verhoor" is ’n hele paar keer uitgestel, omdat die bende gewag het op die aankoms van ’n leier per vliegtuig uit die Kongo.

Waarom het Carlos Figueira se plantasiewerkers, sy "eie mense", in opstand gekom en in een dag alles vernietig wat hulle vir hom opgebou het? Hy het die "barbare" nie só sleg behandel nie, nie só vreeslik uitgebuit nie. Hulle het goeie kos gekry en klere op Kersdag; as sy sweep deur die lug gesny het, het hulle dadelik teruggestaan. Hy het net één  van hulle doodgeslaan, maar dit was lank gelede.

Onbegrip tussen wit en swart lei tot wedersydse haat, veragting, misdaad... maar as die "leier", die groot kaptein kom, sal albei aan hom moet rekenskap gee.

Dit word laat. Oor die  afgebrande plantasies galm ’n dreuning wat die onheilspellende ritme van die trom verdring:

"Die kaptein kom!"

Vrees vir die oordeel dryf wit en swart nader na mekaar. Hulle drom aan weerskante van die hek saam. En met die hek tussen hulle groei die vrees tot angs:

"Ons moet iets doen! Ons moet met die kaptein praat - maar wat kan ons vir hom sê?"

 

Die spanning in hierdie aktuele novelle is van die inset af so tasbaar soos die taai tropiese hitte van Angola en styg tot ’n hoogtepunt met die aankoms die aand van die naturellekaptein uit die Kongo.

’n Boek wat die leser om die beurt skok, verontrus en ontroer.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

22cm; W: 13.9cm; H: 1.6cm

Weight

0.29 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details