Nienkie verstaan - C.S. Badenhorst
Nienkie verstaan - C.S. Badenhorst
Nienkie was die enigste kind totdat sy elf was — maar toe het Braampie gekom...
Sy het voorheen alles gekry wat haar hart begeer het, maar nou moes sy haar ouers se liefde en aandag met haar boetie deel.
Braampie het siek geword en hulle kon nie meer gedurende die Desembervakansie strand toe gaan nie.
“Verstaan tog, Nienkie,” het haar ma gepleit, “Braampie het ons nou baie nodig; ons is al wat hy het. Jy is mos al ’n groot nooi van twaalf. Dink aan jou boetie wat ure lank sonder ons in die groot hospitaalbed sal lê en moontlik baie pyn verduur.”
Maar Nienkie was lus om te skreeu sy sal nooit, nooit verstaan nie...
Braampie is hospitaal toe en haar ouers sou in ’n hotel tuis gaan om naby aan hom te wees. Hulle het gereël dat sy na oom Braam en tant Ela toe sou gaan op Bosbokrant.
Sy was bitter ontevrede. Maar op Bosbokrant het sy geleer om ’n beter Nienkie te wees, ’n Nienkie wat eindelik verstaan het...
Nienkie verstaan is die hartroerende verhaal van elke Nienkie wat sukkel om te verstaan waarom die nuwe boetie of sussie soveel aandag kry...
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.9cm; W: 13.9cm; H: 0.6cm
Weight
Weight
0.18 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.