Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Maretha Maartens: Omnibus (First edition)

Maretha Maartens: Omnibus (First edition)

Regular price R 119.00 ZAR
Regular price Sale price R 119.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Koms van die wolf / Die Midas-seisoen / Voor die oog van hierdie son 

In Koms van die wolf vind Eva Anthonissen ná jare van eensaamheid weer liefdesgeluk. Maar voor dit verwesenlik kan word, moet daar eers vrede kom tussen haar en haar vervreemde dogter Anka. 

Anka se onverwagse tuiskoms  skep amper onhoudbare spanning in die huis. Daar is soveel dinge wat Eva nie verstaan nie: die juwele tussen Anka se klere; die geheimsinnige oproepe; die motorongeluk in die middel van die nag; die onbekende vrouestem oor die telefoon wat die verskriklikste aantygings maak...

Sal die tweede man in Eva se lewe verstaan dat sy haar kind selfs in skande moet bystaan? Sal hy saam met haar gaan tot daar waar niks anders oorbly nie as om héél voor te begin? 

 

Die Midas-seisoen is die verhaal van Samuel Vermaas, seun van Hansie en Jo; enigste broer van Joan en Nikki.

Toe Samuel dié somer aangekla word van moord op sy vrou, word dit nie net vir hom ’n allesopenbarende Midas-seisoen nie. Niks en niemand word ontsien nie: elkeen se diepste verborgenhede word oopgevlek. Daar is Samuel se homoseksualiteit, sy frustrasies en wanhoop; Nikki se ontevredenheid met haar rol as pastorievrou; Joan se onvermoë om haar mongool-seuntjie te aanvaar; Jo en Hansie se verbitterde en vermorste jare saam. 

Dis ’n verhaal dié wat met fyn insig die weerloosheid én weerbaarheid van die mens uitbeeld.

 

Voor die oog van hierdie son vertel van ’n vrou se lewensreis - "alleen en onbeskut voor die oog van die son" - na selfkennis, en daardeur ook na haar naaste en na God. Ná ’n oogoperasie lê Hanna van der Merwe hulpeloos op haar hospitaalbed, met net haar gedagtes om haar besig te hou. 

Sy onthou haar jeug in die huisie langs die treinspoor, die vroeë jare van haar huwelik met Niklaas, die grootwoord van hul kinders. 

En sy besef: Sy het by ’n waterskeiding gekom. Die konfrontasie met haarself, wat sy al drie-en-veertig jaar lank ontwyk, is onvermybaar, want die lewe wat sy op agtien so vol geloof saam met Niklaas tegemoetgegaan het, was toe nié die hawe van haar begeerte nie...

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22cm; W: 14.4cm; H: 2.5cm

Weight

0.49 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details