Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Man van Ciréne - F.A. Venter

Man van Ciréne - F.A. Venter

Regular price R 85.00 ZAR
Regular price Sale price R 85.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In die tyd van keiser Tiberius, opvolger van die deurlugtige Augustus, toe Jesus Christus sy leer in Galiléa verkondig het, die Jood Simon in Ciréne gewoon. Ciréne was een van die pragtigste stede wat die Grieke in Afrika gebou het nog voordat Rome groot geword. Dit was aan die Middellandse See geleë, die middelpunt van ’n wye en vrugbare landstreek. in skerp teenstelling met die woesteny waarin daardie streek sedertdien verval het, was Ciréne toe deel van die graanskuur van Rome. Daar is baie graan, groente, vrugte en olywe gewen. 

Simon was bekend as Simon Niger omdat hy so donker was. Hy was ’n groot, fors man met ’n goeie vrou, Debora, en twee seuns, Rufus en Alexander. Ook was hy ’n ywerige landbouer, en die aarde, wind, reën en son was vir hom ’n heerlike wonder. 

Simon van Ciréne was ’n goeie Jood, onkreukbare patriarg vir wie die tradisies van Israel heilig was en die Wet van Moses die enigste wet. 

Die boeie van Rome het hom geskaaf. Saam met sy volk het hy gebid dat die Woord van die Profete bewaarheid moet word, dat die Messias moet kom om Israel weer vry en groot te maak. Hy het gewag op die nuwe Dawid wat die vyand sou vernietig. Oral het hy hom teen die gesag van Rome vasgeloop en omdat die drang na vryheid in hom so sterk was, het hy nog meer na die Verlosser gehunker as baie ander Jode. 

Hy en sy huis het verneem na die Nasaréner wat in Galiléa gepreek het, maar vir Simon Niger was Jesus te klein en te beskeie en nederig om die Messias van Israel te wees. Die Man wat ’n tollenaar as dissipel gehad het, wat op die Sabbat are laat pluk het, wat gesê het dat aan die Romeinse keiser gegee moet word wat hom toekom, was vir Simon van Ciréne ’n valse profeet, onwaardig vir die bestemming en tradisies van Israel. 

Op ’n sonnige dag toe Simon sy koring in Ciréne gestaan en uitwan het, het hy hom in die adelaar van Rome vasgeloop. Daardie gebeurtenis het hom ’n merkwaardige aandeel gegee aan die grootste en die verheffendste tydvak in die geskiedenis van die mensdom. Dit sou hom binne die sfeer van Christus bring. Die verhaal van die Man van Ciréne is die verhaal van Christus se aanslag op die heidense wêreld. Dit is ’n beeld van wroeging en botsing en van haat en liefde. Maar veral is dit die verhaal van verlossing; die sege van die gees oor die aardse.

Simon van Ciréne verpersoonlik die gewone man van daardie tyd - verblind deur die lig van Christus - twyfelend, opstandig en tog ook verlangend; ’n man met haat in sy siel en tog ook met daardie piëteit van die siel waarop Jesus sy koninkryk gebou het. ’n Man wat blind na waarheid en sekerheid rondgetas het en onder massiewe dubbele inwerking van Christus aan die een kant en Rome aan die ander kant.

Dié man is geteken teen die ruim agtergrond van ’n groot tyd. Hy kom manne soos Saulus, Simon Petrus, Pilatus, Kájafas, Herodes, Judas Iskáriot en Barábbas teë - en ook keiser Nero wie se strydwa deur die eerste jong halms van die Christendom gedonder het...

Maar Man van Ciréne is nie bloot ’n historiese beeld nie. Wesenlik is dit ook ’n moderne beeld, want in werklikheid is dit die verhaal van ongeloof en nyd teenoor katarsis en geloof - na byna 2 000 jaar nog steeds die strydpunte in soveel ontelbare harte...

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 19.6cm; W: 13.9cm; H: 2.8cm

Weight

0.56 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details