Skip to product information
1 of 8

Books

Mahala - Chris Barnard

Mahala - Chris Barnard

Regular price R 79.00 ZAR
Regular price Sale price R 79.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Vrees was al so deel van hom dat hy dit nie meer as vrees herken het nie. Dit was in sy versigtige, byna sluipende manier van stap; in sy onrustige, wantrouende oë; in sy buitengewoon sagte stem; in sy soms stamelende manier van praat.

Delport het homself selde nog daaraan herinner dat hy versigtig moet wees, sy oë moet oop hou. Dit was al vir hom normaal dat hy nie graag vreemdes ontmoet nie, dat hy net Caipemba toe gaan as dit noodsaaklik is.

Hy het soveel duisend kriekende nagte onthou; tussen skemeraand en skemerdag soveel duisend muskiete se gesing, en tromme wat byna onhoorbaar ver in die donker pols. Soveel dae se sonne en sondes en in sy lyf gebrand, terwyl hy gewag het en soms wel bang was en soms dapperder - gewag het op ’n deur wat sal oopgaan, ’n struik wat skielik sal roer en oopgaan voor Ritter se gesig. Hy sou uit die son verskyn, daardie lang en lenige man, sy hand gereed op die rewolwer in sy bosbaadjie se sak.

Nege jaar lank het Delport vir hom weggekruip. Maar toe, een laatmiddag in Caipemba, het Malia Domingo opgedaag. Vir Delport was sy ’n vreemdeling en hy wou haar afgeskud kry, maar sy het iets van Ritter met haar saamgebring - sy gesig, in die vorm van ’n masker. Of was dit nie regtig Ritter se gesig nie?

Rondom die vae herinneringe van ’n moord het Chris Barnard ’n roman gebou - ’n roman wat sy vertrekpunt het in die soort situasie wat gewoonlik by ’n populêre spanningsverhaal tuishoort.

Maar die wyse waarop hy hierdie situasie hanteer en benut, laat dit ontplooi tot veel méér: dit word ’n speurtog na die hoe en die waarom van die syn.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21cm; W: 14cm; H: 1cm

Weight

0.21 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details