Liegfabriek - Etienne van Heerden
Liegfabriek - Etienne van Heerden
Liegfabriek is Etienne van Heerden se eerste prosawerk ná sy indrukwekkende roman Toorberg, wat bekroon is met die W.A. Hofmeyr-, die CNA- en die ATKV-prys. Soos sy kortprosadebuut, My Kubaan — waarvoor hy in 1984 die Eugène Maraisprys ontvang het — berus ook Liegfabriek op ’n wye register ervarings in eietydse Suid-Afrika. Onder meer is daar die liegfabriek — ’n adverteerfirma wat ’n nuwe segeskop-kabaret moet bemark. ’n rasgete Jersey-bul wat amok maak by ’n politieke begrafnis, die reis in ’n gestopte gesingapte en ’n donkiekar deur die verflore platteland, die dwaalende soektog na ’n fotograaf na sy laaste fotootjie, en die verhouding tussen ’n swart vegter en sy gevange Afrikaner.
Deurgaans tref die verbeeldingryke hantering van die woord, die fyn nuances waarmee menseverhoudinge uitgebeeld word, en die besondere vermoë tot situasieskepping. Boeiend is ook die wisseling in toon: van die nostalgiese tot die ironiese, tot ’n byna wrang ontroering.
Liegfabriek is ’n bevestiging van Etienne van Heerden se sterk, veelsydige talent, ’n belangrike toevoeging tot ’n oeuvre wat reeds ’n onvervreembare plek in die Afrikaanse letterkunde gewen het.
Die skrywer het gewerk by ’n prokureursfirma, ’n rekenaarfirma, as dosent aan die Universiteit van Zoeloeland, en doseer tans aan die Universiteit Rhodes, Grahamstad.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.2cm; W: 13.7cm; H: 0.7cm
Weight
Weight
0.14 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.