Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Leipoldt: ’n Lewensverhaal - J.C. Kanneymeyer (First edition)

Leipoldt: ’n Lewensverhaal - J.C. Kanneymeyer (First edition)

Regular price R 250.00 ZAR
Regular price Sale price R 250.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Hy dra ’n Gladstone-sak vol uitpeulende biblioteekboeke deur die strate van Kaapstad. Sonder hoed, die kastaiingbruin hare deurmekaar. die das sit skeef; die onderbaadjie verkeerd vasgeknoop. ’n Breë glimlag verdiep die plooie op sy gesig. Helder grys is sy oë.

C. Louis Leipoldt is bekend vir sy traak-my-nie-agtigheid, en dat hy bit, onbeskof kan wees, onvoorspelbaar, daarop uit om te skok. He preferred to contradict. He was the apostle of the opposite view, sal ’n koerant ná sy dood berig.

Dit is sy lewensverhaal wat J.C. Kannemeyer hier vertel. 

Hy kom ’n bekende beeld teë toe hy die Leipoldt-dokumentasie ondersoek: van ’n digter wat die leed van Boerevrouens en -kinders tydens die Anglo-Boereoorlog ontroerend verwoord het; wat ook die Suid-Afrikaanse natuur en veld dikwels met onvergeetlike eenvoud besing het, veral in sy slampamperliedjies. Daarom dat hy as volksdigter bestempel is; lid van ’n literêre driemanskap saam met Totius en Jan F.E. Celliers. Daar is gesê dat hy later van nasionalis na liberalis oorgegaan het, en van Calvinis na ’n "on-Afrikaanse" Boeddhis. En was hy nie ook ’n vrouehater en homoseksueel nie?

Maar Kannemeyer ontdek ook ’n ander werklikheid, feitelik die keersy, sodat hy verrassende nuwe perspektiewe voor die leser laat oopgaan.

Leipoldt was byvoorbeeld wel afsydig van die tradisionele godsdiens en dogma van sy sendelingvoorouers, maar terselfdetyd manifesteer hulle sendinggees en naastediens by hom in sy werk as medikus, as opvoeder en pleegvader van talle hulpbehoewende seuns, en as iemand wat liefgehad het sonder om te verwag dat dit beantwoord sou word.

Sy morele integriteit het reeds vroeg geblyk, toe hy as vyftienjarige die politieke benepenheid en kortsigtigheid van Afrikaners in rasseverhoudinge gekritiseer het. By terugskouing, ’n profetiese stem.

 Kannemeyer stel die leser voor aan ’n groot veelsydige. In ’n stadium was hy tegelyk praktiserende pediater, mediese dosent, joernalis vir De Volkstem en Die Huisgenoot, redakteur van Die Mediese Tydskrif van Suid-Afrika, digter, botanikus, skrywer van twee rubrieke én van verskeie romans, kortverhale, spookstories en dramas, asook essays oor kookkuns en oor wynbou. Sy uitlatings oor etiese en seksuele aangeleenthede is vandag nog stimulerend.

Hy was ook ’n wêreldreisiger, met ’n sterk aangetrokkenheid tot die Ooste. As wêreldburger ontmoet hy beroemdhede soos Joseph Lister, Florence Nightingale, koerantmagnaat Pullitzer, swaai hy afgewaste kropslaaie droog in die Buckinghampaleis se kombuis onder die toesig van chef Auguste Escoffier. Hier ter lande ontmoet hy Emily Hobhouse, ry hy te perd saam met Cecil John Rhodes, opponeer hy C.J. Langenhoven, trotseer hy die dood as lyfarts van generaal Louis Botha tydens die Rebellie.

Nadoods huldig N.P. van Wyk Louw hom: "In die dae van ons grootste nood was Leipoldt die hart van die Afrikaanse volk. Laster het hy die intellek van ons volk verpersoonlik. Hy het iets in hom gehad wat buite die denk van ons volk gereik het. Hy het aan ’n hele geslag getoon dat daar dinge buitekant ons lê." En deur sy ruim nalatenskap doen Leipoldt dit vandag nog.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

23cm; W: 16cm; H: 5.8cm

Weight

1.2 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details