Laat vrugte - C.M. van den Heever
Laat vrugte - C.M. van den Heever
LAAT VRUGTE word beskou as C.M. van den Heever se rypste werk. In ander romans van die skrywer, soos Langs die Grootpad, Groei en Somer, maak ons kennis met die mens en sy stryd teen die aarde. In Laat Vrugte het ons hierdie selfde tema, maar nou is dit uitgebeeld op ’n manier wat ons oortuig van die mens se beperktheid, maar ook van sy ware grootsheid.
Oom Sybrand, met al sy koppigheid en baasspelerigheid, voer ’n boer se stryd om die bestaan teen die kragte van die natuur. Terwille van sy aardse goed offer hy alles op wat vir hom liefde en geluk kan bring. Sy getroue vrou verwaarloos en verstoot hy, sy suster se stryd om te bestaan kan hy nie begryp nie, maar sy grootste dwaling begaan hy teenoor sy jong seun, Henning. Innerlik is hy jaloers dat Henning so kragtig uitgroei tot ’n man wat straks die eienaar van die ou familieplaas, Boskloof, sal word. Daar is diep in Oom Sybrand die ewige drang om te bly lewe en heers, maar intussen besluip die ouderdom hom op genadelose wyse en sy seun moet dan sy onredelike buie verdra.
Selfs met sy kranige ou moeder, tant Willa, kan hy nie tot ’n redelike vergelyk kom nie, want in albei werk die gees van taai boeregeslagte. Maar die natuurgebeure gaan rustig sy kringloop en Oom Sybrand word voor die onvermydelike gestel. Na sy vrou se dood tree hy in die huwelik met ’n jong, gewetenlose weduwee en van nou af is sy lewe een van onrus. As hy eindelik neergeslaan word in sy poging om kragtig en onbuigbaar te bly staan, is dit tog sy seun en dogter wat, intussen van hom vervreem, wat nou toon dat hulle uit dieselfde hout as hy gesny is en wat hom fier aan die einde steun. In die aanraking van sy seun het hy die komende geslagte aangeraak. So kan hy rus vind in die besef dat hy, wat straks soos ’n herfsblaar grond toe sal daal, deur sy seun, deur sy kleinkind verbonde is aan die oneindige kringloop van die tye en aan God.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 20cm; W: 14cm; H: 3cm
Weight
Weight
0.4 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.