Koors - Dolf van Niekerk (First edition)
Koors - Dolf van Niekerk (First edition)
Koors, Dolf van Niekerk se jongste kortprosawerk, is ’n sterk eenheidsbundel waarin die klem op die liefde val—verlore, verguisde, vergete of nog onontdekte liefde—en op dié wat aan die liefdeskoors ly. Daar is Don Juan wat na die liefde van sy lank gestorwe moeder soek in die baie hande wat hom sedert sy babadae versorg en troetel en aai; die jong briewebesteller wat sy pa se handskrif herken op ’n brief aan die mooi weduwee van Parkstraat; die jong vrou van die dorpie aan die voet van Ararat wat van kleins af wéét alle mans is boos soos Olim, maar dit in die swoelte van ’n Afrika nag vergeet; die kromme mevrou Gous wat Kersfees na Kersfees op haar Jékkie wag om van die oorlog huis toe te kom, al kan sy nie meer onthou hoe hy gelyk het nie; die vrou wat met die 16-Op-trein kom en die lewe van die sinjaalman op ’n godverlate haltetjie onherroeplik verander...
In die twaalf tekste in hierdie bundel toon Van Niekerk weer eens sy onthutsende vermoë om die fynste gevoelsnuanses te verwoord; om wisselende stemminge uit te beeld—van broeiende morbiditeit tot ekstase; om die barre Afrikaruimte te laat saamspeel in die teks sodat dit ’n vergestalting van die karakters se emosionele ontreddering word.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21cm; W: 14cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.18 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.