Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Kennis van die aand - André P. Brink

Kennis van die aand - André P. Brink

Regular price R 129.00 ZAR
Regular price Sale price R 129.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Kennis van die aand is seker een van die mees omstrede boeke wat al in Afrikaans verskyn het.

Toe die boek aanvanklik in 1973 gepubliseer is, het dit die eerste Afrikaanse boek geword wat deur die destydse Publikasieraad verbied is. Die oorspronklike uitgewer het na die Hooggeregshof geappelleer, 'n prosedure wat indertyd nog moontlik was, en in 1974 het 'n volle bank van die Kaapse Hooggeregshof die Publikasieraad se verbod bekragtig.

Vir die Afrikaanse skrywerskorps het Kennis van die aand simbolies geword van die stryd teen sensuur.

Omdat Kennis van die aand verbied is, is die Engelse vertaling daarvan, Looking on Darkness, ook verbied. In 1980 het die Engelse uitgewers die boek opnuut voorgele vir oorweging en het die Appèlraad oor Publikasies bevind dat dit inderdaad ongewens is.

In 1981 het Human & Rousseau besluit om, in die lig van sy suksesvolle appèl teen die hernieude verbod op Magersfontein, o Magersfontein! deur Etienne Leroux, met Kennis van die aand na die Appèlraad te gaan. Die uitgewers se vertoë is gelewer deur adv. Anton Mostert S.C. (saam met hom adv. Leon Kuschke). Hierdie verhoor het plaasgevind op 8 en 9 Februarie 1982 en op 16 April 1982 het die Appèlraad met 'n meerderheidbeslissing uitspraak gegee dat Kennis van die aand nie ongewens is nie op voorwaarde dat dit alleen in hardeband uitgegee en nie wetens aan persone onder 18 jaar verkoop mag word nie.

Hierdie uitgawe van Kennis van die aand is 'n onverkorte, en wesenlik onveranderde heruitgawe van die oorspronklike boek.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22.8cm; W: 16.2cm; H: 3.1cm

Weight

0.7 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details