Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Kambro-kind - F.A. Venter

Kambro-kind - F.A. Venter

Regular price R 109.00 ZAR
Regular price Sale price R 109.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

In Kambro-kind vertel F.A. Venter van sy jong jare in die Karoo. Dit word ’n jeugreis, van die gelukkige kleinkinderjare op Botterkraal tot by die harde werklikheid van Breekkierie – twee pole waar tussen ’n avontuurlike jong lewe sy beslag kry.

In vele opsigte is dit ’n ontdekkingreis: Hy leer allereers sy wêreld intiem ken – die veld met al sy geheimnisse in die wisseling van seisoene; maar in die skool leer hy ook van die groot wêreld anderkant die rante. In die Kalahari ontwaak hy tot man-wees wanneer hy vir die eerste keer verlief raak, op ’n meisiekind met ’n vel blosend soos vroeë perskes en hare geel soos koringstoppels. Hy leer sy eie ding doen in ’n harde wêreld wat geen genade vir swakkelinge het nie, en op die trekpad ontdek hy veel van menslikheid, en die gebrek daaraan – soos wanneer die mowwe langs die pad bly lê en jy vra ’n man met ’n blink vol dam vergeefs om water.

Soms word die reis ’n oorlewingstryd: Tussen die Groot Griep van 1918, wat hy as tweejarige deurmaak, en die Groot Armoede van 1933, wat ook sy ouers genadeloos tref, lê die droogte van 1927. Meer as ’n jaar lank moet hulle op die trekpad deurbring in hul “huis-op-wiele,” en die gevoelige jong seun leer hoe dit is as die son jou brand dat jy opslae maak, of die groen were vol hael en bliksem bars oor jou los; as jy Grootrivier in vloed moet oorsteek en dit lyk of die wabrug dryf in ’n see van water; as jy moedeloos-moeg raak van met maer diere sukkel, water bedel, donkies soek en snags rondhardloop om die rustelose skape te keer – moeg van nie weet hoe lyk die dag van môre nie.

Maar die harde lewe in die veld brei die jong seun en skerp sy sintuie op vir sy uiteindelike bestemming: skrywer-wees. Want dit, veral, is die reis ook: ’n soeke om sy eie hart te verstaan, om verby die lokstem van die grond te reik na die onbekende. Sy pa moedig hom op sy rustige manier aan om maar te boer; sy ma, weer, sal haar hande deurwerk om hom te laat leer, want sy wil hom graag op die kansel sien.

Wanneer hy die dag op pad is universiteit toe, in gietende reën, in ’n donkiekar met motorwiele, wéét hy wat hy wil; ook dat hy opgewas is vir die Groot Lewe. Hy is mos ’n kambro-kind, en dit kan so droog wees soos dit wil, die groenbruin kambroblaartjie verlep nooit.

F.A. Venter is ’n gebore verteller, en in Kambro-kind is hy op sy beste. Kragtig, virtuoos en met ’n sin vir detail en atmosfeer herskep hy die lewenswyse en landskap van sy jeug. Dis ’n aangrypende manifestasie van die mens se aanpasbaarheid en uithouvermoë; ’n boeiende relaas van ’n seun se mens-word, man-word, en terselfdertyd van ’n heel besonderse tydperk in ons geskiedenis.

Condition

Ex-library (EL): I once lived in library. I may have some library stickers, stamps, or markings but I am still readable.

Dimensions

L: 22.3cm; W: 14cm; H: 2.3cm

Weight

0.4 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details