Skip to product information
1 of 5

The Story Station

Joernaal uit ’n gragtehuis - Abraham H. de Vries

Joernaal uit ’n gragtehuis - Abraham H. de Vries

Regular price R 120.00 ZAR
Regular price Sale price R 120.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die mens wat die gragtehuis in Amsterdam wil leer kén - nie net uiterlik ken nie, maar innerlik - hoe hy praat, hoe hy lag, hoe hy dink, hoe hy sien, hoe hy voel - hy moet "ore en oë en ’n neus en ’n mond en ’n vel (hê) om hoendervleis op te kry", want Amsterdam is ’n sprokie en ’n idille: ’n spel van gragte en skewe geweltjies, brûe en stegies, huiskamers en kroegies, strate en gangetjies, doolhowe tussen ou geboue; ’n spel wat homself speel. 

So ’n mens is Abraham de Vries, daarom is hierdie nie net die verhaal van Amsterdam se gragte en geweltjies, sy brûe en stegies, sy huiskamers en kroegies met elkeen ’n eie geskiedenis, ’n eie persoonlikheid nie, maar dit is ook die verhaal van die mense van Amsterdam: hulle wat nie hul gevoelens onder maatemmers verberg en met vyeblare voor die mond loop nie, wat dinge sê wat net op sy Amsterdams só gesê kan word omdat Amsterdam ’n stad is wat op ’n onmoontlike plek aangelê is: ’n alouwe stad waarvan niemand die presiese stigtingsdatum weet nie; ’n vrystad waar jy kan doen wat jy wil solank jy net buite die greep van die vijfmaalacht of die smerisse of die kippe bly; ’n stad waar jy dadelik by jou aankoms  ’n rou haring in jou keel laat glyy of daarna vir altyd ril as ’n haringasem in jou gesig blaas; ’n std waar dit niks vreemd is om ’n skip bokant jou te sien verbyvaar nie; ’n stad wat op pale gebou is; ’n stad waar water jou grootste vyand is; ’n stad van verrassings en ongerymdhede, maar ’n stad met mense wat ly en lag en werk en liefhet. Dis ’n stad  wat jou nooit loslaat as hy jou eenamaal vasgevang het nie; want dis " ’n stad waarna jy kan verlang terwyl jy daarin woon, wat jy uit die diepte van jou hart verwens terwyl jou partydigheid  vir hom amper oordadig is; dis die enigeste stad in Europa waar jy tussen Persiese matjies op die allergeselligste manier grondeloos eensaam kan wees" Dis Amsterdam.

Hier het u ’n boek vir hulle wat Amsetrerdam ken en liefhet, vir hulle wat Amsterdam ná die lees sal ken en liefhê, hulle wat spesiaal in Amsterdam geïnteresseerd is, maar ook vir hulle wat net iets soek wat die moeite werd is om te lees. 

Want Amsterdam stuur niemand met leë hande weg nie. Daarvoor is daar te veel gesellige kroegies, te veel geskiedkundige pleintjies, te veel spitsvondige sêgoed en te veel menslike mense.

We are currently in the process of uploading more photos of products onto the website. If you are interested in this book, and would like us to send you more photos of this item, please contact us at info@thestorystation.co.za.

Condition

Good (G): I’m an averagely used and worn book, but I have no loose, torn, damaged or bent pages.

Dimensions

L: 22cm; W: 14.1cm; H: 0.7cm

Weight

0.25 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details