The Story Station
Groot duiwels dood - Eleanor Baker (First edition)
Groot duiwels dood - Eleanor Baker (First edition)
Couldn't load pickup availability
Sy weet sy moet iets sê, bemoedigende woorde, iets wat hom sal krag gee vir die stryd wat voorlê, maar sy kan aan geen woorde dink nie. Sy klou net aan hom vas. Pom-poms, dink sy, kartetse en kanonne. Koeëls wat gaan maai onder al hierdie vlees en bloed en been.
Daar is gerugte van oorlog. Die mans opgewonde en oorgehaal, die vroue met kommer gevul. Dan is dit werklikheid, en moet die jong boervrou Cornelia ná haar man se vertrek op kommando die plaas bestuur en sorg vir haar mense se veiligheid - soos die meeste ander vroue in die Oranje-Vrystaat. Maar watter ontberings en vernedering nog vir Cornelia en haar mense sou voorlê, dít kon sy nie voorsien nie.
Hierdie aangrypende en epiese verhaal van ’n Afrikanerfamilie se wedervaringe en stryd tydens die Anglo-Boereoorlog word met soveel oortuigingskrag vertel dat dit die leser meeneem en opnuut onder die indruk bring van hoe oorlog die gewone mens se lewe ingrypend en vir altyd verander.
Eleanor Baker, meesterverteller, het haar nuwe roman gebaseer op werklike gebeure soos opgeteken in gepubliseerde memoires en boeke oor die oorlog, asook ongepubliseerde, outentieke bronne soos briewe en dagboeke.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22cm; W: 14.3cm; H: 2.3cm
Weight
Weight
0.55 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







