The Story Station
Geknelde land - F.A. Venter
Geknelde land - F.A. Venter
Couldn't load pickup availability
Hoe gebeur dit dat 'n hele gevestigde gemeenskap sy tentpenne uitruk en die wildernis intrek?
In Geknelde Land gee Venter 'n diep-menslike antwoord op dié en ook op baie ander vrae. Die uiterlike verloop van die Groot Trek is aan elke skoolkind in Suid-Afrika bekend. Maar die menslike aspek van hierdie onvergeetlike volksverhuising is haas 'n geslote boek. Nou het Venter die volle verhaal van die Trek aangedurf. Dis 'n verhaal wat begin met lyding en onderdrukking. 'n Verhaal wat oor die Grootrivier en deur Natal loop tot dit op die hooglande van Transvaal eindig. Dit begin met die eerste groot oplaaiing van 'n vryheid-sin en dit groei uit tot 'n gevestigde volksbewussyn.
Geknelde Land is egter baie meer as 'n verhaal van magtige gebeurtenisse. Dit is tegelyk 'n verhaal van die menslike hart, van innerlike wroeging, botsing en stryd; dis 'n verhaal van durf en swakheid, lyding en geluk, van teenspoed en oorwinning.
Die menslike verhaal is dié van die Dreyer-gesin van Grensplaas - geleë in die streek waar Wit en Swart hulle aan die Oosgrens, soos dit in 1834 bestaan het, gedurig teen mekaar vasgeloop het. Groots van omvang en ryk aan interessante detail is die sage van die ontberings en terugslae wat dié boeregesin moes verduur voor hulle uiteindelik ook besluit om te trek. Die hooffiguur Rudolf Dreyer, weier aanvanklik om sy plaas te verlaat, selfs nadat dit deur die Xhosas verwoes is. Geknelde Land is in hoofsaak 'n uitbeelding van die konflik in Rudolf se gemoed en die stryd wat hy met sy medemens en met homself voer voordat hy tot 'n besluit gedwing word. Aangrypend beeld Venter die gang van 'n onkeerbare noodlot wat gaandeweg oplaai tot tragiese hoogtes.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.7cm; W: 13.6cm; H: 2.3cm
Weight
Weight
0.49 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share







