Enkelvlug - Hennie Aucamp (First edition)
Enkelvlug - Hennie Aucamp (First edition)
Die titel Enkelvlug suggereer 'n reisbundel, maar die geografiese is hier slegs vertrekpunt: dit word 'n kartering van die geheime landskap van mens-wees; 'n reis in die self in, deur herinnering, belewing en fantasie, en deur emosies wat wissel van verrukking tot wanhoop.
Die enkelheid, die een-saamheid, van die mens, selfs binne intieme verhoudings, word teen 'n verskuiwende agtergrond gegee. In sy ongedurigheid reik die mens uit na 'n ander, om troos, bevrediging, vervulling, maar wat hy omhels, verry tot skimbeeld. Ten slotte bly hy 'n allene-reisiger, met littekens as soeweniers. Hy kyk met toenemende angs na die ouderdom, wat hom van sy eie lyf vervreem, en na sy eie dood.
Die verhouding tussen mens en mens is van primêre belang by Aucamp, soos hier byvoorbeeld tussen die homoseksuele man, die prostituut en sy kliënt, die jonger man en die ouer, onvervulde vrou. Party tekste vertel van die besoedeling van verhoudings deur parasitiese emosies en teensy digtheid in die mens self, maar soms word 'n sekere harmonie wel bereik, soos in "Tussen bedrywe", "Altwiebersommer" en "Nagaisel".
Hoewel dit in Enkelvlug om verwondes gaan, mense wat ly aan die lewe, is dit geensins 'n somber bundel nie. Aucamp is 'n laksman van illusies, maar die reddende deernis ontbreek nooit. Melancholie, die oorheersende stemming in dié bundel, laat speel vir ironie en selfs milde humor, en dis op dié noot dat die bundel eindig.
Opvallend is die sterk essayistiese inslag in dié bundel van 'n bekroonde kortverhaal-skrywer. Dit laat dink aan 'n hipotese van die Nieu-Seelandse skrywer Maurice Shadbolt: dat die essay mettertyd moontlik 'n groot deel van die natuurlike terrein van die kortverhaal gaan inneem. Maar: "What matters is not the survival of a particular literary form, what matters is the personal voice and vision as it has been, and can be conveyed."
'n Mens kan byna na willekeur uit "Enkelvlug" aanhaal om dié eie persoonlike visie en stem te illustreer. Die volgende uit "Swart-ys" kan as voorbeeld dien:
Die beeld – 'n torso – is van Amerikaanse marmer, wat nóg sinneliiker is as Carrara: 'n wit gloeiing onder die oppervlak. 'n Danser staan soos 'n vlam op sy voetstuk; 'n vlam wat wil opspring en lug raak en weg. Die bors en twee plate wat mekaar in gevaarlike ewewig hou; laer, middelpunt van dié skaal, 'n jong geslag wat traak ontwaak; agter sluit die hoë blaaie om die nek; die boude is ferm: knooppunt, energiebron; en van die kant af gesien, word die lyn van heup en maag ’n finale stelling omtrent... Ja, omtrent wat?
Dis 'n pynlike oomblik vir Jean-Jacques: hy wens hy kon skoonheid anders ervaar. Alles wat hy weet of vermoed omtrent God, liefde, seks, en dood, trek saam in dié oomblik, en lewer hom uit aan sy eie ontoereikendheid. Hy druk sy wang teen die marmer; klamp sy hande om die boude.
Dié passasie toon Aucamp ook as meester van die kuns om verskeie spanningslyne in één onthullende moment te laat kulmineer. Deur sy fyn ontwikkelde sinintuig vir lewensimpulse, en sy evokatiewe krag as woordkunstenaar, slaag hy daarin om die haas onsegbaare in mensverhoudinge te benader.
In "Die Uitsettingsbevel", 'n soort proloog tot die bundel, word sy sensitiewe lewensaanvoeling en sy Afrikaansheid saamgetrek in die volgende: "Ek voel met my bloed. En my bloed sê my dat Afrikaans my barmoeder is." Van die instelling lewer sy prosa voortreflike getuienis.
Deur sy dinamiese ontginning van die taal het hy 'n nuwe dimensie vir Afrikaans oopgeskryf.
Met Enkelvlug verstewig hy sy reputasie as een van ons uitmuntendste prosaïste. Kortprosa word hier inderdaad kortkuns.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 22cm; W: 14cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.19 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.