Skip to product information
1 of 7

The Story Station

Ekstasies en frustrasies - Maretha Maartens

Ekstasies en frustrasies - Maretha Maartens

Regular price R 45.00 ZAR
Regular price Sale price R 45.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die Voortrekkervroue het veel beleef en veel oorleef: die Drakensberg, die wildernis, die kinders en sekerlik ook die nukke en grille van hul mansmense.

Maar die helfte van wat die vrou van vandag ervaar, is nog nie vertel nie. Van vrugtediëte tot vuurhoutjies waar jy dit nie verwag nie, van pepermintcrispkoek tot oondskottels wat jy nie kan neergooi nie, van griepvaal mans tot verrassend aangename tieners...

Ons vroue lag met 'n bevrydende lag. Ons huil op troues en tel ons sente en haat dit om te hoor: dat ons “so goed daar uitsien.” Ons probeer ma en minares en supervrou wees… ons kry die wind van voor en gebruik dit dan om die babadoeke betyds droog te kry.

EKSTASIES EN FRUSTRASIES is 'n boek van lag en saamstem en so af en toe ook 'n bietjie saam huil. Ons vroue wat alles tegelyk probeer wees, deel die dinge wat in hierdie bundeltjie beskryf word. En so algaande herontdek ons die ou waarheid: “Gedeelde stoutigheid is dubbele stoutigheid en gedeelde frustrasies is halwe frustrasies…” met apologie aan die ernstige heer wat die oorspronklike spreuk die wêreld ingestuur het.

Vrouensme MOET soms 'n bietjie stout wees.

Dit hou hulle interessant.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

22cm; W: 14.2cm; H: 0.7cm

Weight

0.22 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details