Eenkantkind - Marita van der Vyver
Eenkantkind - Marita van der Vyver
Ou Jana. Lelike ou Jana. Dik bril en dik vlegsel. Dis soos Fires haar vir Jac Cilliers en die ander seuns op die trein beskryf het. En sy ís lelik. Lank en maer en lelik. En boonop bysiende.
Maar sy was nie altyd só nie. Dis eers toe sy begin bril dra het, ná haar pa se dood, en skielik lank en maer geword het. Toe haar klein kinderneusie ’n skewe grootmensneus geword het, ’n grootmensneus in ’n kindergesig. En haar neus is nie ál wat skeefgeloop het ná haar pa se dood nie. Daarna was niks ooit weer dieselfde nie.
Sy het al baie gedink as sy in ’n ander huis gewoon het, sou sy miskien die moed gehad het om meer soos ander kinders te wees. Dan sou sy maats gemaak het en nie bang gewees het om huis toe te gaan nie. Want by die huis weet sy nooit wat om te verwag nie - nie met Bruce, haar ma se man, daar nie. As sy aan hom dink, weet sy dít is soos dit voel om iemand te haat. Sy wens hy was eerder dood. Want hoe kan sy haar ma help as sy nie gehelp wíl word nie?
Maar gelukkig is daar mense soos Ouma Ella met haar oranje jare en bloedrooi lipstiffie in die wêreld. En mense soos Jac. En al verander dinge nie oornag soos in ’n sprokie nie, kom daar tog geleidelik weer hoop vir Jana. En vir haar ma.
Eenkantkind is ’n ontstellende verhaal oor ’n baie aktuele probleem. Dit is terselfdertyd ’n humoristiese en aangrypende storie wat geen tiener behoort mis te loop nie.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.3cm; W: 13.8cm; H: 0.7cm
Weight
Weight
0.16 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.