Don Quijote - Miguel de Cervantes vertaal in Afrikaans deur André P. Brink (First edition)
Don Quijote - Miguel de Cervantes vertaal in Afrikaans deur André P. Brink (First edition)
Don Quijote deur Miguel de Cervantes was die wêreld se eerste volwaardige roman, en bly vandag nog een van sy grootstes. Die boek is in dosyne tale vertaal, en beklee ’n belangrike posisie in die kultuurbesit van feitlik elke beskaafde volk.
In Afrikaans was alle uitgawes tot dusver blote oorvertellings, dikwels baie sterk vereenvoudig en altyd baie sterk verkort. Die meeste van die bekende episodes is dan behou, maar dit was ook omtrent al. Om net aan Don Quijote te dink as die mal ridder wat die windmeulens bestorm het, sê André Brink tereg in sy voorwoord, doen ’n onreg aan “Cervantes se magtige boek, die vader van alle moderne romans”.
Hierdie Afrikaanse uitgawe van Don Quijote is inderdaad verreweg die volledigste vertaling wat nog in ons taal verskyn het, en die enigste waarin die gees en tekstuur van die oorspronklike in belangrike mate bewaar is.
Dit is ook die eerste en enigste Afrikaanse uitgawe met die outentieke oorspronklike illustrasies van Gustave Doré, wat deur die jare al so innig met Don Quijote verbonden geraak het dat ’n standaard-uitgawe sonder hulle feitlik ondenkbaar is.
Byna honderd van hierdie pragtige tekeninge, elkeen ’n klein kunswerk, is in die boek afgedruk.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 23cm; W: 16cm; H: 2.7cm
Weight
Weight
0.65 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.