Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Die wind van die see af - Audrey Blignaut (First edition)

Die wind van die see af - Audrey Blignaut (First edition)

Regular price R 99.00 ZAR
Regular price Sale price R 99.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Om ’n boek op te tel, is om ’n wêreld tussen jou hande te hou - ’n wêreld wat jou eie wêreld en lewe ryker kan maak, voller, wat jou ’n groter insig in die mens en sy bestaan kan gee.

Audrey Blignaut se eerste boek In Klein Maat het in 1955 verskyn. En onmiddellik kon ’n mens weet: Dit is ’n interessante ontmoeting, ’n verrykende, stimulerende kennismaking met ’n mens en sy wêreld. 

Hier is iemand wat met oorgawe leef en wat die vermoë het, die gawe om haar ervaring só met ander te deel dat jy jou dit as jou eie kan toe-eien, dit kan laat aansluit by jou eie lewe. En so leef ons moet haar saam deur die jare. 

Jy leer die vriende ken wat sy ken - en ken so ook jou eie mense beter. Jy leer die land van haar herkoms ken - en kyk met nuwe oë na jou eie wêreld. Jy leer haar gedagtes ken, haar insigte, haar waardebepalings, haar liefdes en vooroordele, haar elkedagse mens-wees - en jy meet en slyp jou eie lewe daaraan.

Na In Klein Maat verskyn  Die Vrolike Lied. Daarna volg Met Ligter Tred, Die Blye Dae, Die Plesierboom, Om Die Son Te Aanskou, Die Verlange Loop Ver, Die Rooi Granaat waarin jy saam met haar leef deur ’n verskeidenheid ervaring. Daar is hartseer wanneer jy  saam met haar die dood meemaak van mense wat jy ook leer kiefkry het. Saam met haar beleef jy nuwe vreugdes, nuwe insigte en wéét: Die lewe het altyd iets en die lewe gaan altyd vorentoe. 

En nou: Die Wind van die See Af. In In Klein Maat het ons haar ontmoet as ’n jong vrou, met die klein Marié wat uit die skool uit kom en What Katie Did lê en lees terwyl sy die oorskietbiltong uit haar kosblikkie kou. Vandag is Marié self getroud, ma van drie kinders, ’n skryfster met twee boeke agter haar naam. En Audrey is ouma - ’n ietwat onwennige ouma weliswaar, want " ’n Ouma kan maar halfses opstaan en Rooikappie speel en die Huis van Koos Delport opsê en tien keer na mekaar sing Dokter sê my tand is seer Baliehoe".

Die heerlike familiedae op Bredasdorp en op Waenhuiskrans is verby. En wie woon nou in die huis waar sy in haar eerste sitkamer vir haar ’n Blou Hoekie ingerig het?

Ja, daar het baie dinge gebeur tussen In Klein Maat en Die Wind van die See Af. Maar het dinge werklik, basies, verander?

Wat vir die mens van die begin af "lekker was, singlekker, huppellekker, toe-ooglekker, by nie net vir jou lekker nie, dit word al hoe lekkerder... Wat my van die begin af ongelukkig gemaak het, maak my nog ongelukkig... En ’n nuwe mens bly ’n ontdekking, ’n avontuur, ’n uitdaging."

Dinge hét verander - en tog het dit nie verander nie. As jy Die Wind van die See Af klaar gelees het, kom die ou vertroude woorde by jou op: "Er gaat geene liefde verlooren..."

Want dít is die geheim van Audrey Blignaut se gewildheid: Haar werk is uit liefde gebore, liefde vir die lewe, vir die mens, vir alles wat betekenis gee aan ons bestaan.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.6cm; W: 14cm; H: 1.5cm

Weight

0.3 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details