Skip to product information
1 of 7

The Story Station

Die Wahlerbrug - Elsa Joubert

Die Wahlerbrug - Elsa Joubert

Regular price R 89.00 ZAR
Regular price Sale price R 89.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die Wahlerbrug is onteenseglik Elsa Joubert se mees artistieke skepping. Dit het die digtheid van ’n meesterverhaal in sy gekonsentreerde ontginning van tyd, tema en karakter, maar terselfdertyd laat die groter omvang van ’n novelle ’n rustiger ontvouing van gevoelsargumente toe as by die kortverhaal. Haar betrokkenheid by die menslike kondisie is net so intens soos in haar aktuele en dokumentêre werke, al is sy besig met ’n tema wat oënskynlik vreemd is aan haar wêreld. Dis ’n oeroue tema wat reeds by dante voorkom: die verwarring van die ouer wordende mens wat skielik nie meer seker is van sy koers en identiteit nie. Sy voer dié tema beeldend tot aan ’n mistieke slot, groots in sy eenvoud.  Elsa Joubert pleit nie hier net om begrip en kommunikasie tussen mense nie, maar om kommunie; ’n religieuse eenwording. En hiermee verdiep sy ’n vroeëre credo: "En ek het geweet die verste reis wat ’n mens kan maak, is van mens tot mens, deur die hart." Haar verruimde siening is die metafisiese onderbou in Bonga, en in ’n mindere mate ook in Die swerfjare van Poppie Nongena. Daar kan nie gesê word dat Die Wahlerbrug ’n geïsoleerde werk binne die Joubert-ouevre is nie: dis ’n sluitsteen, ’n testament, voorberei deur talle reisboeke; en dis ’n terugverwysing, tot in haar jongste toe, die bundel Melk.

Hennie Aucamp

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.7cm; W: 14cm; H: .0.5cm

Weight

0.2 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details