Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die uurwerk kantel - Marié Heese

Die uurwerk kantel - Marié Heese

Regular price R 54.00 ZAR
Regular price Sale price R 54.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die uurwerk kantel is die ontroerende verhaal van Maria Celliers. Met die trefseker gevoel van die begaafde skrywer voer Marié Heese ons terug na ’n tydperk wat verby is. Ons leer ken Maria hier teen die draai van die vorige eeu as kleuter op Schoongelegen waar sy met sensitiewe oë na die mense en die wêreld om haar kyk.

En later: Maria — die skrander skoolier wat vir die eerste maal haar meisiedrome begin koester.
Maria — die student. Sorgvrye dae van studentepret en plesier.
Maria — en Willem … een vakansie op Schoongelegen.
Maria — voor die kansel.
Maria — in Kaapstad as respekvolle huisvrou.
Maria — die sorgsame moeder.
Maria — in die grysheid van haar jare.

Deur die oë van Maria leer die leser ook vir Willem ken — intens en doelgerig, met ’n byna onverskrokke eerlikheid; Johan, die jong idealis „wat die wêreld wil verander“; Elise, slim en teruggetrokke en onverstoorlik in haar liefde vir die Engelsman Charles Hopwood; die immer lojale en arbeidssame Trui; Inge, prakties en kunstig …

Marié Heese se karakters leef. Dit is die lotgevalle van mense waarmee die leser hom volkome kan vereenselwig. En waar daar raakpunte met die hoofmomente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aangsny word — die Tweede Vryheidsoorlog, die griepepidemie van 1918, die twee wêreldoorloë, die politieke stryd rondom ’48 — word dit met kundigheid en insig gedoen. Dit is selde dat ’n mens ’n roman opneem en weet: hier is ’n werk, lewenswaar en eg, groots van opset, maar tog onpretensieus, met ’n eenvoud wat dit ’n genotvolle leeservaring maak..

Die uurwerk kantel is só ’n boek.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L:21.1cm; W: 13.4cm; H: 1.6cm

Weight

0.27 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details