Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Die uurglas loop leeg - Ena Murray

Die uurglas loop leeg - Ena Murray

Regular price R 55.00 ZAR
Regular price Sale price R 55.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die aantreklike dokter Arnold Lutz met sy kenmerkende Don-Juan-glimlag, is die eerste man wat daarin slaag om deur suster Karien Saayman se professionele pantser te dring. Hy laat haar goed voel oor haarself, en sy geselskap bring ’n welkome verandering in haar saai hospitaalroetine. 

Is dit regtig so erg dat hy getroud is? Hulle is tog net vriende, en sy huwelik met Odelia was reeds op die rotse vóór die ongeluk waarin sy verlam is...

Só verseker Arnold vir Karien, en sy glo hom - tot die dag dat Hannes Eksteen, die welvarende boer van Franskraal, haar laat besef hóé gevaarlik haar vriendskap met die hartebreker-dokter is.

Karien gryp Hannes se huweliksaanbod met albei hande aan - desperaat om uit die benouende hospitaalomgewing te ontsnap. Dat sy Hannes nie met haar hele hart liefhet nie, beskou nóg sy as ’n onoorkomelike probleem. Waar vriendskap en respek is, kan liefde tog ook begin groei...

Maar ’n jaar later word hul verhouding aan die wreedste toets moontlik onderwerp toe Hannes in ’n fratsongeluk feitelik in twee gekloof word. Vir die eerste keer sedert haar troue kruis Karien se paadjie weer met dié van dr. Arnold Lutz, en dié keer weet sy hoe dit voel om in ’n verminkte huwelik vasgevang te wees, want al leef Hannes, sal hy nooit weer werklik man wees nie. 

Die uurglas loop leeg is ’n aangrypende roman waarin die liefde, en veral genade, triomfeer. Dit is met ’n deurleefde mensekennis dat Ena Murray dié verhaal - wat op die werklikheid gegrond is - aanbied, en een van die groot lewenswaarhede opnuut beklemtoon. Elkeen se porsie lewenstyd is sorgvuldig afgemeet, en die uurglas loop te vinnig leeg om die gawe van die lewe te vermors.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.7cm; W: 14cm; H: 1cm

Weight

0.5 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details