Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die swerfjare van Poppie Nongena - Elsa Joubert (First edition)

Die swerfjare van Poppie Nongena - Elsa Joubert (First edition)

Regular price R 260.00 ZAR
Regular price Sale price R 260.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Soos in van haar vorige boeke behandel Elsa Joubert in Die Swerfjare van Poppie Nongena weer die tema wat Hennie Aucamp omskryf het as "die saamleefpatroon binne veelrassige gemeenskappe". Terwyl sy in Ons wag op die kaptein en Bonga Angola en Mosambiek as skryfterrein kies, staan sy met hierdie boek vierkant binne die Suid-Afrikaanse ervaringswêreld. 

Poppie Nongena, ’n swartvrou, word in Upington se lokasie by haar ouma groot. Xhosa ken sy swak - eintlik praat sy net Afrikaans. 

Weens ’n sameloop van omstandighede beland sy en haar mense op Lambertsbaai. Hier gaan sy skool, werk later in ’n visfabriek en trou met Stone Nongena, ’n boorling van die Transkei. ’n Paar jaar na hul aankoms op die dorp word die swartmense aangesê om Lambertsbaai te verlaat en trek die gesin Kaap toe waar hulle in Jakkalsvlei, ’n woonbuurt van Nyanga, ’n sinkhuis bekom. 

In dié mistroostige omgewing probeer Poppie haar kinders grootmaak so goed sy kan. Sy kry inslaapwerk en gaan net Sondae huis toe. Haar tydelike werkpermit word tien jaar lank vir tydperke van twee tot drie of op die meeste ses maande lank hernieu, maar uiteindelik word sy en haar kinders gedwing op Kaapstad te verlaat. Hulle word hervestig in ’n lokasie digby Oos-Londen terwyl Stone in Nyanga agterbly.

Vier jaar later, na Stone se dood, keer sy as broodwinner terug Kaap toe - net om vasgevang te word in die onluste wat in 1976 in ’n vloedgold van geweld oor die land losbars.

Hoewel Die Swerfjare van Poppie Nongena om die figuur van Poppie gaan, verkry die boek algemeen-menslike geldigheid deurdat dit ook van duisende swartmense vertel wat hulle in soortgelyke omstandighede bevind. Poppie en haar familie versinnebeeld die begeertes, woede en frustrasies van die stedelike swarte.

In ’n eie idioom vertel hulle van die steeds toenemende swart ontevredenheid en vervreemding wat onafwendbaar op die stakings van 1960 en die onluste van 1976 uitloop. Hulle vertel hoe dit gebeur dat baie swartmense verskeur word tussen die tradisionele Xhosa-geloof en die Westerse godsdiens; waarom die tuislande vir baie swartes na ’n leeftyd in ’n blanke gebied onaanvaarbaar geword het.

Kortom: in hierdie boek word die stedelike swartmense se leefwyse soos nog nie tevore nie in Afrikaans openbaar gemaak.

Die Swerfjare van Poppie Nongena is outentiek en feitelik waar - ’n belangrike stuk hedendaagse geskiedskrywing, opgeteken in ’n pakkende en strak joernalistieke styl; objektief, maar plek-plek so sensitief-persoonlik dat dit die leser diep ontroer. Dit is nie sensasioneel , sentimenteel, of ’n romantisering van die verdrukte nie, maar ’n nugter relaas met sterk politieke bowe- en newetone - sonder dat dit ’n politieke betoog word.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

21.8cm; W: 14.1cm; H: 2.5cm

Weight

0.47 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details