Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die sin van die lewe - H.W. Rossouw (First edition)

Die sin van die lewe - H.W. Rossouw (First edition)

Regular price R 95.00 ZAR
Regular price Sale price R 95.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die vraag na die sin van die lewe is vir ons almal ’n kwelvraag. Ons beland selfs soms in lewensituasies en persoonlike krisisse waar ons met hierdie vraag volledig met die hande in die hare sit. Dis immers nie ’n vraag wat ons as toeskouers van die lewenspel vra nie. Ons vra dit as deelnemers en betrokkenes. Het die lewe enige sin? Het siekte en dood sin? Het die politiek sin? Is alles nie ’n vergeefse gejaag na wind nie? Is die lewe nie volledig absurd nie? Dit is vrae wat hulleself van tyd tot tyd, soos lastige en voorbarige kinders, aan ons opdring, ons gemoedsrus versteur en ons lewe versuur. Is hierdie vrae nie dalk self sinloos en oorbodig nie?

Die skrywer, filosoof en teoloog van aansien, neem die vraag na die sin van die lewe ernstig op. Hy ontleed die reikwydte, veronderstellings en implikasies daarvan op heldere en insigryke wyse. Ook op ’n betrokke wyse. Dis vir hom ’n eg menslike vraag, ’n vraag waarby hy persoonlik, met sy eie menslikheid, in die spel is. Hy wil ook van hierdie vraag sin maak, want die mens is vir hom in laaste instansie ’n soeker na die sin in die lewe.

Wie worstel met die vraag na die sin van die lewe, worstel met die vrae: Waarom? Waarheen? Waarna-toe? Wanneer hierdie vrae onbeantwoord bly, word die mens verstrik in hopelose sinloosheid, vertwyfeling en willoosheid. Die lewensboek bied vir hom geen hoop nie, maar nihilisme. Dit bring morele vertwyfeling, daardie krisis waarin die mens beland wanneer hy nie in staat is om fundamentele lewenskeuses te doen nie. Dié mens se moreel is ondermyn sodat hy, gestroop van wilskrag, verslae en ontmoedig in die spel van die lewe staan.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 18.6cm; W: 12.6cm; H: 1.5cm

Weight

0.21 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details