Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Die rooi granaat - Audrey Blignaut

Die rooi granaat - Audrey Blignaut

Regular price R 79.00 ZAR
Regular price Sale price R 79.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Audrey Blignault kan in die Afrikaanse letterkunde met reg gesien word as die voorste eksponent van die informele essay – daardie literêre genre wat van die skrywer verwag word om eerlik, onomwonde en sonder skroom te skryf uit wat hy self ervaar, wat hy is, wat hy glo, hoe hy die lewe sien. In hierdie kunsvorm gaan dit om ‘n baie persoonlike visie op wat die skrywer dan ook al tot tema kies – en uiteraard bepaal die essayis hom hier by skynbaar klein, alledaagste, vertroude dinge, want, soos Emerson dit gestel het, “waarom moet ‘n mens altyd na nuwe kennis en feite strewe? Die dag en die nag, ‘n huis en ‘n tuin, ‘n paar boeke, ‘n paar dade – hulle kan ‘n mens net so goed dien soos al die bedrywighede en al die skouspele van die wêreld”.

Maar om hierdie klein dinge werklik te gebruik, om so uit jou hart te skryf, vra dat die skrywer ’n heel besondere mens moet wees – iemand wat oor daardie plus-element van humorsin, spitsvondigheid en wysheid beskik, iemand wat deur ’n bepaalde insident kan afpeil tot die wesenlike, die essensiële, die algemeen-menslike, iemand wat die persoonlike ervaring kan verdiep tot ’n geloofsbelydenis. Dit stel aan die skrywer die eis van geordende denke wat bedrieglik wegskuil after die soms gesellige, soms nostalgiese, soms humoristiese, soms satiriese hantering  van ’n bepaalde insident. Dit vra om geslypte taalgebruik, om die vonkeling van die woord, om die raakvat en raaksê sodat ’n bepaalde atmosfeer, ’n hele wêreld in een sin voor die leser oopgaan.

In Die rooi granaat met sy terugkyk op dinge wat verby is, sy fyn spot met allerhande tierlantyntjies van die sogenaamde beskawing, sy intiem-persoonlike siening van die lewe in klein manifestasies is al hierdie elemente by uitnemendheid weer aanwesig.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22cm; W: 14cm; H: 2cm

Weight

0.34 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details