Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Die moderne tuin - Hester Fourie (First edition)

Die moderne tuin - Hester Fourie (First edition)

Regular price R 49.00 ZAR
Regular price Sale price R 49.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Soos tye verander, verander mense se lewenspatroon en behoeftes. Ook die tuin lyk heeltemal anders as tien jaar gelede. Die tradisionele elemente van tuinbeplanning word steeds behou, maar word nou aangevul met interessante, praktiese idees.

Die uitleg is nie net minder gekompliseerd nie, maar instandhouding is ook makliker, want as die moderne tuin eers aangeplant is, sorg dit as't ware vir homself. Daar is baie redes vir hierdie praktiese benadering tot tuinmaak. Arbeid en water is skaarser en duurder, tuine is kleiner, en toenemende buitemuurse belangstellings eis dat die tuin nie ’n las moet wees nie, maar ’n plek waar ontspan kan word. Daarby word veiligheid al hoe belangriker, sodat tuine nie te ruig moet wees nie.

Die tuin moet dus baie versigtig beplan word. In Die Moderne Tuin verduidelik ’n bekende en ervare tuinontwerper hoe die tuinier te werk moet gaan om ’n veelkleurige tuin die hele jaar deur te verseker. Dekplante en plaveisel word ingespan om kaal kolle te bedek, struike lewer ’n permanente, kleurryke bydrae, loofplante sorg vir pragtige teksture en fatsoene, terwyl palms, keëldraers en broodbome interessante lyne en vorms toevoeg. Die Moderne Tuin bespreek voorbeelde van beddings en struikgroepe, lig dit toe met talle foto's en tekeninge, en bied uitgebreide keusegidse by die hoofstukke oor dekplante, struike, bome, keëldraers en palms wat besonderhede soos hoogte, groeiwyse, blomtyd, loof- en blomkleur verskaf.

Die Moderne Tuin se opwindende benadering tot tuinmaak is nou binne die bereik van elke tuinier wat ’n veelkleurige tuin verlang, en terselfdertyd tyd, moeite en geld wil spaar.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 28cm; W: 22.2cm; H: 1.3cm

Weight

0.68 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details