Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Die koning se wingerd - F.A. Venter (First edition)

Die koning se wingerd - F.A. Venter (First edition)

Regular price R 109.00 ZAR
Regular price Sale price R 109.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die mens se spel met die mens bly deur die eeue dieselfde. Dié waarheid word op verrassende wyse in hierdie roman blootgelê, in so ‘n mate dat dit vir die leser mag voel dat hy in die Bybelse verlede inkyk en ‘n bekende gesig — miskien sy eie? — na hom sien terugstaar.

F.A. Venter herskep die bewind van Agab met die gesag en oortuiging van iemand wat diep nagevors en nagedink het.

Hy toon Agab as ‘n man wat verslinger word tussen die ou Israelitiese waardes en die afvalligheid van sy tyd, waarin sy heidense vrou, die skone en geslepe prinses Isebel, ‘n leidende rol speel. Dit is Isebel wat hom oorreed om ‘n tempel vir Bag te laat bou, sodat elkeen sy eie godsdiens kan beoefen; dit is sy wat dit so bewimpel dat die profete van die Here uitgeroei word, dat Nabot en sy seuns gestenig word sodat die koning op sy wingerd beslag kan lê.

Maar teenoor die lis van Isebel staan die skraal profetiese figuur van Elia, hy met die onpeilbare oë, wat die groot droogte oor Israel voorspel, die profete van Ba2 in ‘n tweestryd op Karmelberg verneder, en uiteindelik die finale doemwoord oor Agab en sy huis spreek. Daar is ook Obadja, hoof van die paleis, maar ‘n geloofsmens wat in die stil-ligheid vir God werk, en die ambisieuse leërowerste, Jehu, wat die instrument word om die profesie oor Isebel se einde te bewaarheid.

Die koning se wingerd is nie alleen die verhaal van die afvalligheid en uitdelging van die huis van Agab nie; dit vertel ook van die wynboer Nabot, godvresend, maar tog nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul Kananitiese en daarom heidense dienskneg, Sabad — ‘n liefde wat weinig hoop op vervulling het. Die skrywer slaag daarin om die botsende magte so teenoor mekaar op te stel, en met fyn besonderhede die vervloë atmosfeer so onmiddellik op te roep, dat een van die aangrypendste hoofstukke in die Bybelse geskiedenis vir die Ieser ‘n meevoerende en suiwerende belewenis word.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.8cm; W: 14.5cm; H: 2.3cm

Weight

0.42 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details