Die keiser - Bartho Smit
Die keiser - Bartho Smit
Die skrywer het ’n waagstuk onderneem om uit die bekende ou Andersen-sprokie van die kaal keiser ’n variasie te versin wat enersyds so ná as moontlik aan die oorspronklike bly en andersyds tog in ’n aanvaarbare moderne konteks geplaas word – sonder dat dié uiteenlopende “wêrelde” mekaar teenspreek. Deur dit in ’n moderne Afrika-land te plaas en bekende uitspattighede van ons tyd as uitgangspunt te neem, slaag hy daarin om ’n situasie wat by die eerste aanblik totaal fiktief en buitensporig voorkom, verrassend geloofwaardig te maak. Die realistiese, die satiriese en die simboliese is uitstekend gerym – en dit was ’n geniale vonds om die wewer ook as rebelleleier te gebruik.
In ’n baie besondere sin is die stuk ook teatergerig: nie net omdat die situasie van ’n “dress parade”, ’n spel van konings en narre, so ’n oerteatrale gegewe is nie, maar omdat ’n oënskynlik hoogs eenvoudige situasie algaande verdiep tot besondere kompleksiteit.
Geslaagd is ook die wyse waarop die stuk algaande ’n groter verskeidenheid van “tone” verkry: terwyl dit soms onverbloemd komies is, verkry dit ook sterk spanningsmomente, en veral in die derde bedryf ’n ontroerende filosofiese dimensie – wat tog steeds suiwer in terme van die dramatiese gegewe funksioneer.
Die Keiser is ’n nuwe bydrae tot ons dramakuns en tot Bartho Smit se eie veelsydige oeuvre.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21cm; W: 14cm; H: 1cm
Weight
Weight
0.1 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.