Die groen ghoen - P.H. Nortje
Die groen ghoen - P.H. Nortje
Boeiender, spannender en ontroerender as Renne se Vuur is P.H. Nortje se tweede jeugverhaal Die Groen Ghoen. Ons is weer terug in die afgesonderde kloof anderkant Waboomberg, diep tussen die noordige Winterhoek- en Kouga-berge in. In die afgeslote wêreld, by sy ouers op hul plaas Sweetonion, bly Henk Strydom. Hy is in st. VI en leier van die gemene bende, die Spartaanse Ruiters. Tot die onverwagte skrokke bende benoort Granaat met sy voortvarende natuur en sproetgesig, die twee Skewe Nase en Thysie, die slimme en meester Van Rooy se Eendracht Primêre Skool.
Op 'n dag kom daar 'n nuwe sersant in die kloof, 'n Engelssprekende een. Sy kinders, George en Margaret, gaan natuurlik na die plaasskooltjie. Margaret se verskyning laat Henk en Granaat se harte sommer vinniger klop. George gee vir Henk 'n lieflike groen albasterpresent – en dié albaster word dan ook die kenteken van die Spartaanse Ruiters se "groot onderneming": operasie Groen Ghoen. Die onderneming bring mee dat die span hard begin werk aan 'n reuse-skoolkonsert, aalwynsap tap, klipsweet pluk, bobbejaanstertjies versamel en naoste inne – en alles met één doel voor oë: die Groen Ghoen.
Terselfdertyd het die Ruiters 'n verdere gewigtige saak op hul hande: die oplossing van 'n groot geheim. Wat lê agter oom Kortetjie se misterieuse geel deur? Verrassing volg op verrassing soos hulle agter die geheim kom — en die gelag bly ook nie uit nie. Die verhaal loop na ’n opwindende hoogtepunt wanneer operasie Groen Ghoen slaag en die geheim van die geel deur met die mees onverwagse gevolge opgelos word. Die Ruiters hou hulle laaste vergadering en neem weer eens ’n ernstige besluit: wanneer hulle na die hoërskool op Wilgerdam gaan, sal die bende voortbestaan.
Nortje vertel sy verhaal soos ’n meester. Sy onvergeetlike karakters oortuig, want hulle is geskep uit ’n ryk herinneringskat en met groot liefde gebeeld. Wie sal ooit die vreesaanjaende meester Van Rooy vergeet? Of die komiekagtige langbeen Meraai met haar jakopêweroë? Of die beminlike Likkewaan, Henk se getroue luitenantjie van die plaaswerf? En dan het ons nog nie eens van die sonderlinge grootmense van die Kloof gepraat nie.
Die Groen Ghoen is ’n boek wat lank onthou sal word.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.8cm; W: 13.8cm; H: 1.3cm
Weight
Weight
0.28 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.