Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Die dinge van ’n kind - Marita van der Vyver (First edition)

Die dinge van ’n kind - Marita van der Vyver (First edition)

Regular price R 95.00 ZAR
Regular price Sale price R 95.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

"Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad."

Met dié woorde begin ’n avontuurlike en latere skrynende verbintenis tussen die amper sestienjarige Mart Vermaak en haar kamermaat, Dalena van Vuuren, in die skool-koshuis op Swartstroom. 

Dalena met die onmoontlike wye glimlag en seunstem, wat saans in die donker kamer oor verbode dinge praat, en donker dinge. 

Dis die jare sewentig, en die Republiek beleef self sy stormagtige tienerjare, gekenmerk deur politieke leuens en agtienjariges wat as "helde" moet sterf vóór hulle nog werklik begin leef het.

Ook Mart se broer Simon - ’n regte dish, met wie Dalena ’n hartstogtelike verhouding aanknoop - is opgeroep vir diensplig. En Pierre, die siniese jong intellektueel wat Mart op ’n vreemde manier aantrek. 

Sy self is vasgevang agter grys koshuismure met tralies voor die vensters, waar skril klokke en die skyn van ordentlikheid die pas aangee. ’n Geínhibeerde bestaan wat ondermyn word deur die wilde, wulpse plantegroei van die Laeveld - so anders as die Kaap waar sy vandaan kom - en die manier waarop haar meisielyf reageer op ’n breker soos Pine Pienaar, wie se hande regstaan vir méér as ’n rugbybal. 

Oor anderhalf jaar heen word Mart se inisiasie in die grootmenslewe voltrek; leer sy deur die traumas van vroeë swangerskap, dwelms en selfmoord in haar vriendekring hoeveel guts dit kos om te lewe en te bly glo.

Deur ’n reeks briewe wat ’n ouer Mart vroeg in die jare negentig uit die buiteland skryf, terwyl sy besig is met ’n boek oor tieners, kom ’n ironiese en verdiepende perspektief op haar ervaringe in die jare sewentig. ’n Dekade van "weggooimodes, weggooidanse, weggooimusiek. En weggooilewens. Wit seuns wat op die grens geskiet is, vir volk en vaderland. Swart kinders wat in townships geskiet is, vir ’n ander volk en dieselfde vaderland."

Dinge van ’n kind is ’n onthutsend eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.

Dit is Marita van der Vyver se eerste roman na Griet skryf ’n sprokie, wat haar ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het. Dié speelse, opspraakwekkende roman - deur een leser bestempel as ’n boek wat jou "brein masseer" - het ook reeds in Brittanje en Nederland verskyn.

Marita van der Vyver, bekroonde jeugboekskrywer van o.m. Eenkantkind, het met Griet, die Eugène Marais-prys, die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa en die M-Net-prys verower.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.9cm; W: 14.1cm; H: 2cm

Weight

0.41 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details