Die buurt - Sita
Die buurt - Sita
Hierdie mooi verhaal speel af in die moeilike jare na die Tweede Vryheidsoorlog. Een vir een keer die boere terug na hulle verwaarloosde plase met afgebrande opstalle en skure en moet hulle, verarm en versukkeld, van nuuts af begin; moet hulle swoeg om weer ’n bestaan te maak.
Die Verster-gesin staan in die brandpunt van die verhaal, maar eintlik leer ons ’n hele gemeenskap en die probleme wat eie aan die tyd was, ken, maar wat vir ons geslag ver verwyderd en onbekend geword het.
Hier word vir ons uitgebeeld hoe die mense gepraat, gedink, gehandel, gely en geleef het; hulle vreugde, vertwyfeling en hoop; hulle tradisies. Ons maak kennis met die stryd teen die armoede en die deursettingsvermoë om van die boerdery weer ’n sukses te maak; saam is ons verheug wanneer groot oeste ingesamel word en die tekens van vooruitgang weer bespeur word, maar saam ly ons ook wanneer ’n landswye droogte knel en sommige boere weer eens alles wat hulle opgebou het, laat verloor.
Met hierdie boek open Sita vir ons ’n blik op ’n baie belangrike fase in die Afrikaners se verlede, intiem eie aan onsself.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 19cm; W: 12cm; H: 2cm
Weight
Weight
0.3 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.