Skip to product information
1 of 8

The Story Station

Ciske - Piet Bakker

Ciske - Piet Bakker

Regular price R 85.00 ZAR
Regular price Sale price R 85.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Laat ons dit dadelik sê: Piet Bakker se Ciske, oorspronklik in Nederlands uitgegee, is vandag ’n wêreldberoemde boek en ook reeds verfilm en met ’n prys bekroon.

Dit word by die honderdduisende in vele tale gelees, maar dit alleen regverdig nie noodwendig ’n Afrikaanse uitgawe nie. Die regverdiging sal vanselfsprekend duidelik wees aan almal wat dit gelees het. 

Die verhaal is merkwaardig en teer, maar hoegenaamd sonder enige sentimentaliteit. So boeiend is dit dat dit net nie moontlik is om die boek opsy te sit nadat mens dit begin lees het nie.

Dit gaan oor ’n onderwyser en ’n seuntjie en ’n skokkende reeks gebeurtenisse. Nadat jy dit toegemaak het, kom by jou die gedagte op dat jy nou dalk beter verstaan; jy wonder selfs of die probleem van ’n bedremmelde kind op ’n straathoek nie dalk groter kan wees as ’n internasionale staatsprobleem nie. Want die verwaarloosde, afgeskeepte kinders op straathoeke tel moontlik al miljoene en ’n mens wil duisel om te dink dat daar môre soveel grootmense met skewe en verwronge gesindhede sal kan wees.

Maar so somber is die prent nie - nie in Ciske nie - want teenoor die seun se venynigheid het ’n begrypende onderwyser stelling ingeneem. Ook is dit waar uit Ciske dat nòg die prentstrokie, nòg ander 'populêre' oorsake, die kern raak. Die gebrek aan liefde en versorging in ons liefdesarm eeu sien Bakker as die dieperliggende wortel van die kwaad.

Dit is los gedagtes wat mens beetpak by die lees van die boek. Bowenal en in die eerste plek egter, is dit ’n aangrypende kinderverhaal wat, net soos die beroemde versameling, "Kinderen" van Ina Boudier-Bakker, deur jonk en oud geniet sal word. Die Afrikaanse bewerking is keurig en met fyn aanvoeling vir atmosfeer en situasie gedoen. 

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 21.8cm; W: 13.7cm; H: 2.4cm

Weight

0.41 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details