Skip to product information
1 of 9

The Story Station

Chriskras - Chris Barnard

Chriskras - Chris Barnard

Regular price R 129.00 ZAR
Regular price Sale price R 129.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Die kanarie is in sy koutjie, maar sy stem nie, skryf Chris Barnard. En dit is woorde wat by uitstek op hom van toepassing is, want al is ook hy vasgevang in die sleur en roetine van elke dag, is sy stem beslis vry.

En bevryend skryf hy – soos sy stemming hom lei, in ligte luim, ernstig, skerts, krities, nostalgies – oor 'n groot verskeidenheid onderwerpe met 'n aanslag en siening wat hom tot een van ons voorste rubriekskrywers in Afrikaans gemaak het.

Wat noem 'n mens hierdie skryfsels? vra Barnard. Essays? Sketse? Rubriekstukke? Kopstukke? Voetstukke? En gee dan self die antwoord. Miskien iets heel anders. Miskien is hulle chriskrasse.

Maar hoe 'n mens dit ook al noem, vir hierdie bundel het hy die 35 bestes gekies uit die eerste 70 wat in sy gewilde rubriek in Die Huisgenoot verskyn het. En hulle verteenwoordig 'n verdere faset van 'n veelsydige skrywer wat hom reeds in verskeie genres onderskei het – van drama en hoorspel tot kortkuns en roman.

Barnard skryf hier oor sy kat Honoré de Balzac, en oor die burokrassie, oor super-Afrikaner Hans de la Rey met al sy ingevoerde goed, en oor die liefdevolle wyse waarop 'n man sy pyp moet behandel. Hy vertel ook van die rampspoedige aand toe "Barnard, die Sestiger" 'n kultuurvereniging toegespreek het.

Maar veral skryf hy oor die wêreld van "osrieme en voëliertjies", van "riembreibome" en "boerkombuise", want sterk by hom is die verlange na die eenvoudiger, egte lewe van die platteland.

Plaas en platteland, en sterk die bewustheid dat die stadsmens elke dag deur grys strate na grys kantore moet ry.

Die mens wil altyd elders wees, sê hy. "En elders is altyd baie ver, baie ver, en jy kom nooit daar uit nie." Maar dan geskied die wonder: Barnard voer sy lesers mee na daardie einste wêreld waarna hy so hartgrondig verlang! En daarom veral sal sy Chriskras deur 'n wye kring met waardering en genot toegejuig word.

Condition

Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.

Dimensions

L: 22cm; W: 14cm; H: 2cm

Weight

0.3 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

View full details