Bedoelde land - F.A. Venter (Rare)
Bedoelde land - F.A. Venter (Rare)
Die nuwe, maagdelike aarde is ryk en vrugbaar. Noudat dit vars deur die ploeg omgekeer word, ontvang dit byna hongerig die saad van koring en van mielies — wat groei met drif en weelde. Vir Rudolf Dreyer is dit in der waarheid sy beloofde land. Agter hom lê die smart van die dood van soveel dierbares — sy vader Helgaardt wat saam met Pieter Retief moes sterf, sy seun Fanus aan die Oosgrens, Buks by Bloukrans en die klein Nella tydens die martelende weke by Modderlaer.
Die jare van ontbering op die trek, die verskrikking van Bloukrans, die skok van Italeni... dit sal altyd deel van sy lewe bly. Maar hier in Natalia gaan hy ’n nuwe begin maak. Hier in hierdie ryk aarde gaan hy vir hom ’n tweede Grensplaas opbou — groter, mooier as die ou Grensplaas wat hy met soveel wroeging in die Kolonie moes agterlaat. Hier kan hy uiteindelik wees wat hy wil wees — ’n boer, vry van enige verknogting of bedreiging. Hier kan hy van Thomas, die enigste seun wat vir hom oorgebly het, maak wat hy van hom wou maak: ’n voortsetting van homself, ’n vrye man van die grond.
Vir hierdie ideaal het hy gewerk, dag én nag, totdat sy hande hard was van die eelte, sy bene gebewe het van moegheid. Halsstarrig wou hy sy oë sluit vir die bedreiging wat oor die jong republiek lê: die subtiele insypeling van Zoeloes, hul onverskrokke ideaal om te herwin wat hulle by Bloedrivier verloor het, die koms van die Engelse en die bedreiging van hul onafhanklikheid. Maar die geskiedenis moet sy onverbiddelike loop neem: daar is die vernederende slag van Congella, die mislukking van Boomplaats. Die martelgang van die Emigrante-Boere is nog nie verby nie, die vryheidsoorlog is nog nie verby nie, die vryheid, die ideaal wat skynbaar onbereikbaar is, die bedoelde land ’n hersenskim.
En tog: juis deur die verlies van die pasgevonde vryheid het manne soos Rudolf Dreyer eers die ware betekenis van vryheid leer ken. Toe hulle weet uit hierdie bedoelde land moes trek, het die ware land van hul bestemming eers voor hulle gelê.
Dit is die sterk, haast profetiese slot waarmee F.A. Venter in Bedoelde Land sy grootste werk oor die Groot Trek afsluit. In "Bedoelde Land" word daar ’n nuwe, helder perspektief gewerp op alles wat vooraf gegaan het: "Geknelde Land", "Offerland", "Gelofte Land". Maar eintlik is dit nie ’n slot nie; die einde van hierdie roman dui eintlik op ’n nuwe begin wat hierdie hele stuk geskiedenis sinvol en aktueel maak vir ons eie tyd.
Condition
Condition
Very Good (VG): I may show some small signs of wear - but no tears - on either binding or paper.
Dimensions
Dimensions
L: 21.8cm; W: 14.3cm; H: 2.9cm
Weight
Weight
0.53 kg
Shipping
Shipping
We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.
Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.
Read more about our shipping policy here.
Returns Policy
Returns Policy
We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.
Read more about our return policy here.
Share
This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.
View full details