Skip to product information
1 of 7

The Story Station

Bart Nel - J. van Melle

Bart Nel - J. van Melle

Regular price R 290.00 ZAR
Regular price Sale price R 290.00 ZAR
Sale Sold out
Shipping calculated at checkout.

Elke keer dat ’n kunstenaar vir ons die bestaande dinge in die mens se lewe met welslae oraniseer tot nuwe, sinvolle patrone, bring dit ’n nuwe verrykende insig in ons meslike bestaan. Ek meen dat dit in Bart Nel gebeur. Bart Nel is een van die romans in Afrikaans wat die sterkste aanspraak daarop kan maak dat dit die peil van die Afrikaanse romankuns nader aan die van die Afrikaanse poësie gebring het.

Dit is ’n verhaal uit die tyd van die rebellie, maar nie uitsluitend óór die rebellie nie. Dit is veral die verhaal van Bart Nel en sy vrou Fransina, en die verhouding tussen hulle.

Fransina is ’n vrou wat sinvol nadink oor die gebeurtenisse in die land, maar sy is ’n vrou wat prys stel op die hoë ideale wat sy vir die lewe van haar en Bart tesame het. Daarom verwag sy dat Bart ook die ideale van sy familie bo dié van die politiek moet stel. Maar Bart se besluit om te rebelleer is ’n noodwendigheid: hy moet getrou wees aan die eiesoortigheid wat hom van die begin van die verhaal reeds kenmerk - "as ek nie ook gaan protesteer nie, dan wil ek nie meer my naam hê nie. Dan wil ek nie meer Bart Nel wees nie."

Die verhaal van vervreemding en vereensaming, van ontnugtering en verlies wat dan sy eie verloop begin neem, spruit uit hierdie eiesoortigheid van Bart en hierdie situasie van misverstand tussen Bart en Fransina. Misverstand, kan ’n mens dit noem, omdat Bart én Fransina, elk ’n sekere optrede van hul teëparty verwag, wat neerkom op ’n verkeede interpretasie van die aard van dié teëparty.

Die misverstande, die foute van menslike oordele en insig wat die verloop van dié verhaal bepaal, is bitter, selfs gruwelik. Maar dis nie die foute wat die karakters van hierdie mense, ook nie dié van Fransina,verdag of onbetroubaar maak nie. "Ek loop met my eie oë by die lig wat ek het," sê Bart op ’n keer, en dit is in hierdie boek die droewige maar telkens bevestigde waarheid, dat vir geen mens dié lig nog heeltemal toereikend was om selfs dié wat naaste aan hom leef, te verstaan nie.

 

We are currently in the process of uploading more photos of products onto the website. If you are interested in this book, and would like us to send you more photos of this item, please contact us at info@thestorystation.co.za

Condition

Good (G): I’m an averagely used and worn book, but I have no loose, torn, damaged or bent pages.

Dimensions

L: 19.5cm; W: 13.5cm; H: 1.1cm

Weight

0.22 kg

Shipping

We offer door to door shipping to anywhere in South Africa.

Delivery takes between 3 and 5 business days (weekends and public holidays excluded) depending on your location.

Read more about our shipping policy here.

Returns Policy

We want you to be happy with your
purchase. If you are not completely satisfied, please notify us
within 7 days.

Read more about our return policy here.

This is a previously loved book - there is no escaping the fact it has been read by someone else and it will show some signs of wear and previous use. Overall we expect it to be in very good condition, but if you are not entirely satisfied please get in touch with us.

View full details